DIE FILOSOFIE

EK WIL DIE LIG EN SKADU MET JOU DEEL

“Wherever there is light, one can photograph.”- Alfred Stieglitz

 

Lig en skadu inspireer ons. Ons styl is’n mengelmoes van dokumentêre storievertelling en fynkuns-romanse.

Ons wil graag kosbare aandenkings skep wat julle eendag aan julle kleinkinders kan wys.

Ons word geraak deur natuurlike lig, aardse elemente en daardie knip-jou-oë-en-dis-verby grepies van die lewe wat ‘n doodgewone foto in iets asemrowend kan verander.

Saamwees kom voor in verskillende vorms en gedaantes. Wanneer twee mense verlief raak, is die gevolg gewoonlik ‘n verhouding vat selfs meer uniek as die individue self is; ‘n perfekte versnit van twee komplementerende persoonlikhede.  Ons doel is on daardie versnit in iets tasbaar te omskep.

Ons will die rykheid van die werklikheid vasvang deur ‘n foto te neem en ‘n oomblik in tyd te vries.

Gedurende die tyd wat ons saam met julle spandeer, is ons vertrouelinge.

Ons voel dat al die paartjies met wie ons saamwerk, op een of ander manier ons lewens verryk.

Op die ou einde word ons kliënte regtig vriende, en ons voel bevoorreg dat ons hierdie wonderlike reis met hulle kan deel.

Hoekom juis ons? Want ons sien elke verhaal as ‘n belegging – van tyd, moeite, geduld en (die belangrikste) liefde. Ons is toegewyd om uitstaande diens en produkte te lewer.