MEER OOR ONS

DIT IS ONS

Ons is Anandi en Philip. Ons het Bitterbessie in 2015 uitgedink as ‘n projek wat ons as ‘n paartjie saam kan aanpak, maar dit het eers in 2017 ‘n werklikheid geword.

Anandi, die dryfkrag agter Bitterbessie, is ‘n voltydse fotograaf in eie reg, ‘n kranige bakker en effens verslaaf aan Friends. Philip is ‘n siviele ingenieur deur die week. Oor naweke speel hy fotograaf – dit is nou wanneer hulle nie visvang of kamp nie.

Ons mal daaroor om te reis en ons ervarings op film vas te vang. Ons is egter net so gelukkig in ons huisie voor die TV met pizza.

As ons reg onthou, het ons storie in 2010 begin. Sedertdien is ons so gelukkig soos kinders in ‘n roomyswinkel!